Alle opleiding word gegee deur individue wat toegrus is en ondervinding het in die spesifieke vakke wat hulle aanbied. Hierdie sprekers het nie net almal ‘n groot getuienis van redding nie, maar dien God met oorgawe en passie. Hulle lewens is verbind tot Jesus Christus.

Amen Akademie bied met trots aan die volgende opleidingsopsies:

Sertifikaat

Eerste jaar

Diploma

Eerste jaar

Diploma

Tweede jaar

BA Teologie

Vierde jaar

Meestersgraad

Doen jou Meestersgraad

Sertifikaat (Eerste Jaar)
Die sertifikaatkursus is ‘n uitstekende voorbereiding vir die individu wat beplan om ‘n berader te word, maar sluit nie die student uit wat hierdie kennis in ander velde wil gebruik nie.

Ook beskikbaar as ‘n aanlyn kursus.

Die sertifikaat (1ste jaar) is ter voorbereiding vir die Diploma (2de jaar).

Vir wie is dit?

Enige iemand wat kennis en leiding soek om ‘n berader te word of bloot net die kennis te hê om ander te help.

Die student kry die geleentheid om sy kennis te verbreed in onderwerpe soos:

  • Om die Bybel beter te leer ken
  • Om die werksaamhede en natuur van satan te idetifiseer
  • Doeltreffende geestelike oorlogvoering
  • Effektiewe gebed
  • Velde van die okkulte
  • Dwelmmisbruik
  • Geestelikeberading en nasorg

Module 1: Geestelike Vereiking en Sekerheid

Module 2: Beginsels oor Geestelike Oorlogvoering

Module 3: Opleiding in Geestelike Berading & Nasorg

Module 4: Hoe om dit wat jy geleer het aan ander oor te dra

Module 5: Verslawings, Afhanklikheid, Okkulte & Prakties

Ons studies bestaan uit drie verskillende fases, elke stadium strek ook ‘n tydperk van 12 maande.

Die eerste jaar se studies word uitgevoer oor ’n vyf-naweekkonferensie gedurende die jaar. Vyf vlakke sal aangebied word, wat ‘n breëspektrum van onderwerpe insluit.

Alle etes, slaap fasiliteite en studiemateriaal is ingesluit.

Diploma (Eerste Jaar)
  • Dieper studie aangaande die Etiek van Gods Woord
  • Kan deur afstands onderrig voltooi word.
Diploma (Tweede Jaar)

Diepere studie aangaande berading. Daar word baie van  die abnormale gedrag in mense se lewens gekyk en hoe om met sulkes te kan help om vrylating daarvan te kan hê

Soos byvoorbeeld:

  • Verwerping
  • Angs
  • Trauma
  • Depressie
  • Selfmoord ens.

Kan deur afstandsonderig voltooi word

BA in Teologie

BA in Teologie

Meestersgraad

Meestersgraad in teologie

Menu

Human Trafficking & Online Safety

Awareness Seminar.

1 day only! Come and learn what to look out for and how to protect your loved ones.

Book your tickets now!