Raak betrokke
Bou saam aan ’n fondament van waarheid en toerusting.
By AMEN Akademie glo ons dat ons elkeen ’n unieke rol het om te speel in die uitbreiding van God se Koninkryk. Of jy nou wil leer, saai of saamstaan in die gees – daar is ’n plek vir jou in ons gemeenskap.
Studeer by ons
Ontvang ons nuusbrief
Ondersteun ons finansieël
Help ons om Bybelonderrig bekostigbaar te hou. Jou finansiële vennootskap maak dit moontlik om leiers vir die koninkryk op te lei. Help ons om die skild van geloof en die swaard van die Gees in die hande van die volgende generasie leiers te plaas deur ’n eenmalige of maandelikse donasie.
Bid vir die akademie
Ons grootste behoefte is geestelike ondersteuning - die kragbron van ons werk. Ons erken dat ons niks sonder die leiding en genade van die Here kan vermag nie. Ons nooi jou uit om saam met ons te intree vir ons studente, dosente en die impak van die Akademie. Jou gebede is vir ons van onskatbare waarde.
